Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1977


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1977 het op 30 November 1977 plaasgevind. Die regerende Nasionale Party onder die leierskap van Eerste Minister John Vorster het weer sy meerderheid verbeter. Die party het 134 setels behaal, 11 meer as 1974, en meer as enige party vantevore.

Die belangrikste opposisieparty was die Progressiewe Federale Party (PFP), opvolger van die Progressiewe Reformisteparty (en vroeër Progressiewe Party), wat 16,7% van die stemme, en 17 setels, behaal het. Die Nuwe Republiekparty (NRP), die opvolger van die Verenigde Party en voorheen die amptelike opposisie, het net 6,1% van die stemme behaal, 31 setels verloor en met net 10 setels beëindig.

De verregse Herstigte Nasionale Party van Jaap Marais het weer geen setels behaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search